Kerksondermure (KSM)

Hoe gemaak as iemand die naaste aan jou, jou seer maak? Wanneer jou hart in twee wil skeur en jou wêreld skielik baie onveilig voel. Jesus weet en daarom staan ons dié week stil by Hom op die aande tot Hy ‘n paar keer bitter seer gemaak is deur hulle die naaste aan Hom.
 

What is Kerksondermure (KSM)?

Ontdek die Jesuslewe saam met Kerksondermure.
By Kerksondermure (KSM) glo ons elkeen is uniek geroep om die Jesuslewe te ontdek. Hierdie klank boodskappe van ons eredienste neem jou saam op ’n ontdekkingsreis waarin ons leer om as Sy liefdevolste gemeenskap te leef, nederig te dien, uit te reik na die kwesbares en ander nader te trek aan die Bron van alles wat mooi, reg en heel is.