Kerksondermure (KSM)

Om te sien wat Jesus sien. Om te kyk soos Jesus kyk. Dis baie mooi gedagtes en absoluut die regte manier van dink en doen, maar dis makliker gesê as gedaan. Kom luister gerus na die Here se Woord oor hoe om die wêreld ‘n mooier en beter plek vir jouself en ander te maak. Kom leer om te sien soos Jesus sien.

What is Kerksondermure (KSM)?

Ontdek die Jesuslewe saam met Kerksondermure.
By Kerksondermure (KSM) glo ons elkeen is uniek geroep om die Jesuslewe te ontdek. Hierdie klank boodskappe van ons eredienste neem jou saam op ’n ontdekkingsreis waarin ons leer om as Sy liefdevolste gemeenskap te leef, nederig te dien, uit te reik na die kwesbares en ander nader te trek aan die Bron van alles wat mooi, reg en heel is.