Kerksondermure (KSM)

Vriendskap is goud werd. Goeie vriende is onontbeerlik in jou en my lewe. Daardie vriend of vriendin wat nader is as ‘n broer of suster leer Salomo ons so mooi in Spreuke. Maar dan: daardie ontnugtering as een van hierdie vriende, vriendinne jou seermaak of te na kom. Daardie onverwagse en onnodige dolksteek is ongelukkig deel van die lewe. Kom ons leer uit hierdie boodskap van die realiteit hiervan. Hoeveel van Jesus se binnekring het hom seergemaak? Hoe het Hy dit hanteer?

What is Kerksondermure (KSM)?

Ontdek die Jesuslewe saam met Kerksondermure.
By Kerksondermure (KSM) glo ons elkeen is uniek geroep om die Jesuslewe te ontdek. Hierdie klank boodskappe van ons eredienste neem jou saam op ’n ontdekkingsreis waarin ons leer om as Sy liefdevolste gemeenskap te leef, nederig te dien, uit te reik na die kwesbares en ander nader te trek aan die Bron van alles wat mooi, reg en heel is.