Kerksondermure (KSM)

Dit het op ‘n Sondag begin toe Jesus opgestaan het en ’n leë graf vol getuienis agtergelaat het.
Dit het op ’n Sondag begin toe ‘n groep wat besig was om weg te kruip die lewende Here gesien en gehoor het toe Hy sê: Vrede vir julle.
Sedertdien leef die Kerk vanuit die hoop wat Sondag bring. Sondag bevestig dat Jesus is wie Hy gesê het Hy is en juis daarom ontdek, leer en leef ons die Jesuslewe want Sondag bring hoop. Hierdie groep mense, die ekklesia is ’n beweging wat gans anders is. Kom ontdek saam die dinge waaroor die vyand glimlag as ons dit glo, want om ekklesia te wees sal ons waaksaam moet wees hiervoor.

What is Kerksondermure (KSM)?

Ontdek die Jesuslewe saam met Kerksondermure.
By Kerksondermure (KSM) glo ons elkeen is uniek geroep om die Jesuslewe te ontdek. Hierdie klank boodskappe van ons eredienste neem jou saam op ’n ontdekkingsreis waarin ons leer om as Sy liefdevolste gemeenskap te leef, nederig te dien, uit te reik na die kwesbares en ander nader te trek aan die Bron van alles wat mooi, reg en heel is.