Geloof loop soms hardepad. Vra vir Johannes die Doper. In Matteus 11 is hy in die dodesel. Johannes se geloof kos hom alles. Is dit die moeite werd? Gelukkkig doen Johannes een goeie ding met hierdie twyfelvraag. Hy maak sy probleem Jesus S'n. Johannes gaan vra Jesus via sy eie dissipels of Hy regte die Messias is. Johannes vat sy twyfel na Jesus toe.
Petrus doen ook in Matteus 14 die regte ding met sy eie vrees in die midde van 'n storm op die See van Galilea. Terwyl hy dit waag om Jesus te toets ("Here, As U U is!") vra hy nogtans of hy na Jesus toe kan loop. Spoedig faal Petrus se geloof en hy trap gate in die water. Maar dan gryp Jesus Petrus se hand vas en tel hom terug in die boot waar hy behoort. Daar aanbid almal vir Jesus.
Saam met Johannes en Petrus leer ons dat ons met ons twyfel en kleingeloof na Jesus toe moet loop. Selfs al sink ons langs die pad, is Hy naby om ons te vang en na daardie spasies toe terug te bring waar ons Hom nogmaals kan aanbid.
What is Kerksondermure (KSM)?
Ontdek die Jesuslewe saam met Kerksondermure.
By Kerksondermure (KSM) glo ons elkeen is uniek geroep om die Jesuslewe te ontdek. Hierdie klank boodskappe van ons eredienste neem jou saam op ’n ontdekkingsreis waarin ons leer om as Sy liefdevolste gemeenskap te leef, nederig te dien, uit te reik na die kwesbares en ander nader te trek aan die Bron van alles wat mooi, reg en heel is.