Kerksondermure (KSM)

Elke dag is daar e-posse, druk, teleurstellings, onsekerheid oor die toekoms en bekommernisse oor ons familielede. En êrens in die middel van dit alles sal ons oë begin dwaal. Ons sal na die golwe kyk. En stadig — amper sonder dat ons dit agterkom — sal ons ophou om na Hom te kyk.
 Maar Jesus se uitnodiging is nie: “Probeer harder” nie. Sy uitnodiging is: “Moenie bang wees nie. Kyk na My, sien raak dat Ek by jou in hierdie storm is.”
 

What is Kerksondermure (KSM)?

Ontdek die Jesuslewe saam met Kerksondermure.
By Kerksondermure (KSM) glo ons elkeen is uniek geroep om die Jesuslewe te ontdek. Hierdie klank boodskappe van ons eredienste neem jou saam op ’n ontdekkingsreis waarin ons leer om as Sy liefdevolste gemeenskap te leef, nederig te dien, uit te reik na die kwesbares en ander nader te trek aan die Bron van alles wat mooi, reg en heel is.