Kerksondermure (KSM)

Om God te ken en van God te weet, is twee verskillende dinge. Deur genade kan ‘n mens werklik in ‘n verhouding met die Here staan en vanuit die genade leef as ‘n nuwe mens. In ‘n verhouding met Jesus maak Hy jou lig en ‘n lieflike geur in hierdie donker wêreld. Soms is die liggie bietjie flou en die “geur” nie so lieflik nie. Ons fokus op 4 dinge.  Dit sal help om God beter te ken, ‘n dieper verhouding met Hom te beleef en jou lig helder te laat skyn.

What is Kerksondermure (KSM)?

Ontdek die Jesuslewe saam met Kerksondermure.
By Kerksondermure (KSM) glo ons elkeen is uniek geroep om die Jesuslewe te ontdek. Hierdie klank boodskappe van ons eredienste neem jou saam op ’n ontdekkingsreis waarin ons leer om as Sy liefdevolste gemeenskap te leef, nederig te dien, uit te reik na die kwesbares en ander nader te trek aan die Bron van alles wat mooi, reg en heel is.