Kerksondermure (KSM)

Vandag se kultuur, en heeltemal te veel mense in hierdie kultuur, is ondankbaar en ontevrede. Dit, terwyl die Here wil hê sy volgelinge moet leef met oorloop-harte propvol dankbaarheid. Wel, dit is nie altyd maklik nie, want die lewe is met tye ingewikkeld en uitdagend. In hierdie boodskap gesels ons oor ‘n wonderlike geestelike dissipline wat jou prakties, hande en voete, kan help om ‘n dankbare mens te wees. Leer dit aan, doen dit gereeld  en leef met ‘n hart vol dankbaarheid!

What is Kerksondermure (KSM)?

Ontdek die Jesuslewe saam met Kerksondermure.
By Kerksondermure (KSM) glo ons elkeen is uniek geroep om die Jesuslewe te ontdek. Hierdie klank boodskappe van ons eredienste neem jou saam op ’n ontdekkingsreis waarin ons leer om as Sy liefdevolste gemeenskap te leef, nederig te dien, uit te reik na die kwesbares en ander nader te trek aan die Bron van alles wat mooi, reg en heel is.