Kerksondermure (KSM)

Nooit het die Nuwe Testament bedoel dat die wederkoms as bangmaak-materiaal moet wees nie. Of dat die datum deur mense bereken moet word nie. Die dag van die Here kom onverwags (1 Tessalonisense 5:1-2). Jesus beplan geen voortydige ontruimingsaksies voor die wederkoms nie (Johannes 17:13-15). Tot by die wederkoms leef ons lig en in die Here se lig (1 Tessalonisense 5:4-5). Ons sien uit na die Dag van die Here. Almal wat reeds in Christus gesterf het en almal wat nog leef gaan Hom feestelik op die wolke gaan verwelkom hier op sy nuwe aarde (1 Tessalonisense 4:13-18).  Ons sien uit na die dag van die Here waar Hy gaan feesvier saam met ons oor al die goeie vrugte van geloof wat ons hier op aarde gelewer het (Filippense 1:10-11)

What is Kerksondermure (KSM)?

Ontdek die Jesuslewe saam met Kerksondermure.
By Kerksondermure (KSM) glo ons elkeen is uniek geroep om die Jesuslewe te ontdek. Hierdie klank boodskappe van ons eredienste neem jou saam op ’n ontdekkingsreis waarin ons leer om as Sy liefdevolste gemeenskap te leef, nederig te dien, uit te reik na die kwesbares en ander nader te trek aan die Bron van alles wat mooi, reg en heel is.