Prestasiemeting is deel van die lewe. Skole en universiteite doen dit; sportspanne doen dit, TV-kompetisies doen dit, godsdiens doen dit. Nog altyd gaan godsdiens oor prestasies en teenprestasies. Mense moet God se guns probeer wen deur gehoorsaamheid aan sy voorskrifte.
Paulus was ook deel van so 'n hoogs-kompeterende godsdiens. Die meetinstrument was die wet van God. Paulus het gemeen hy was goed genoeg wanneer hy deur die wet gemeet is. Baie van ons meen weer ons is nooit goed genoeg wanneer die wet ons meet nie. Feit is, die wet is nie meer die regte meetinstrument nie. Christus het die hemelse prestasiemeting namens ons hier aan die kruis kom doen, Hy het gedoen wat die wet vra, en nog meer. Hy het alles gedoen wat ons nie self kan doen nie. Nou spreek God ons vry omdat ons in Christus glo. Nou is ons nuwe mense wat vry is van daardie alewige prestasiemetings van die wet. Ons is gekruisigdes wat leef in die genade en vryheid wat net Christus bied.
What is Kerksondermure (KSM)?
Ontdek die Jesuslewe saam met Kerksondermure.
By Kerksondermure (KSM) glo ons elkeen is uniek geroep om die Jesuslewe te ontdek. Hierdie klank boodskappe van ons eredienste neem jou saam op ’n ontdekkingsreis waarin ons leer om as Sy liefdevolste gemeenskap te leef, nederig te dien, uit te reik na die kwesbares en ander nader te trek aan die Bron van alles wat mooi, reg en heel is.